Net nog enetjie | Moet Afrikaners eerder Amerikaners word? | Ep. 30
In hierdie aflewering van Net nog enetjie gesels Connie Mulder, Christel Cornelissen en Nico Strydom oor Amerikaanse president Donald Trump se stap om Afrikaners vlugtelingstatus toe te staan – weens onder andere die legio rassewetgewing en diskriminasie wat die norm is. Amerika soek al ʼn rukkie na ʼn stok om die ANC (en hul anti-Westerse sentimente) mee te slaan en het nou een gekry.